Twee-stryd ~ ‘n Kabaret — 5 Mei 2016

Twee-stryd ~ ‘n Kabaret — 5 Mei 2016

Tags: ,

Elkeen word op ʼn gegewe oomblik op hul lewenspad in ʼn tweestryd vasgevang, in twee geskeur tussen twee pole — ʼn keuse tussen besluite, invloede of emosies … ʼn keuse tussen lig en donker. Twee-stryd is ʼn kabaret wat so ʼn worsteling tussen duisternis en lig uitbeeld, met werke deur Amanda Strydom, Laurika Rauch, Marimba, Alna Smit en Pieter van Helden. Die teks bestaan uit gedigte deur Eugène Marais, F.A. Fagan, Jan F.E. Cilliers, I.D. du Plessis en Anna Gouws. Die teks is saamgestel deur ʼn finalejaar B.Mus.-student, Eljé van der Walt, in samewerking met Louis en Anneke van der Walt.

Kom deel in die reis deur hierdie geliefde Afrikaanse kunstenaars se werke — ʼn aangrypende reis van wanhoop na ʼn vaste hoop. Hierdie eg Suid-Afrikaanse kabaret word op Donderdag 5 Mei 2016 om 20:15 in die Konservatoriumsaal aangebied. Kaartjies teen R30 elk is beskikbaar by die Konservatorium in Thabo Mbeki-weg (tel. 018 299-1692) en voor die konsert by die loket.

No comments yet.

Leave a Reply

Reset all

Tags: ,